Tuesday, 8 March 2016

Maklike Klapperkoek




Maklike Klapperkoek
Bestanddele:
250 g sagte margarien
1 ½ k suiker ...
3 groot eiers
1 t lemoen geursel
4 k bruismeel
3 ml sout
½ k klapper
2 t fyn gerasperde suurlemoen skil

Metode:
Verhit oond tot 180°C. Voer ‘n koekpan met bakpapier uit en smeer met bietjie olie of margarien. Klits die margarien, suiker, eiers en lemoen geursel saam in 'n mengbak. Roer die bruismeel, sout, klapper en fyn gerasperde suurlemoen skil by. Skep mengsel in koekpan. Bak vir 30-40 minute tot gaar. Versier met lemoen versiersel en sprinkel geroosterde klapper bo-oor. Geniet saam met namiddag koffie.

No comments:

Post a Comment