Tuesday, 8 March 2016

Roly Poly Poeding




Roly Poly Poeding

1 koppie koekmeel
1 teel. Bakpoeier
2ml sout...

Meng bogenoemde goed.
Doen dan die volgende:

Vryf 125ml botter in meelmemgsel tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Voeg 'n eetlepel koue water by net om kniebare deeg te maak.
Rol uit op meelbestrooide oppervlak en smeer lekker dik appelkooskonfyt oor. Rol op dat langste wors voor jou lê.
Sny in 6 ewe groot wiele en pak in oondvaste bak, snykante na bo.
Kook die volgende in mikrogolfoond saam: 125 ml suiker, 100 ml botter en een koppie water.
Gooi kookmengsel oor wiele en bak in oond van 180C vir ongeveer 40 min tot mooi goudbruin.
Bedien met roomys en vla!!

No comments:

Post a Comment