Monday 7 March 2016

Maklik Cheeseey kaas broodjie




Maklik Cheeseey kaas broodjie
500g bruismeel
7,5 ml sout
150gr cheddar – in klein blokkies gesny (ongeveer 1/2 cm vierkante)
500ml karringmelk
water
Pampoen, sesame en sonneblomsaad vir die top
Verhit jou oond tot 180 grade Celsius en smeer ‘n bakplaat / broodpan.
Sif die meel en die sout in ‘n groot bak.
Voeg die blokkies kaas by en roer net deur.
Gooi die karringmelk by en meng. Indien nodig en beslag is nog droog, voeg bietjie water by (dit is nie nodig om die brood te knie nie)
Vorm in ‘n ronde bolvorm en deel dit deur kepe bo op die brood te maak met ‘n skerp mes, sprinkel oor die sade.
Bak vir ‘n uur. Om te toets om te sien of dit gaar is , gebruik jou toetspen, As skoon uitkom is dit gaar en die brood sal hol klink wanneer jy klop.