Monday 7 March 2016

GROENTE BROODJIE




GROENTE BROODJIE
2 koppies (500 ml) gerasperde rou groente – ek gebruik ‘n koppie gerasperde murgpampoentjies (baby marrow) en ‘n halwe koppie van elk van gerasperde wortel en botterskorsie (butternut))
1 koppie (250 ml) gerasperde kaas van jou keuse
4 jumbo eiers
1 medium ui fyn gekap
1 koppie (250 ml) bruismeel
1/2 koppie (125 ml) sonneblomolie
Geur met sout en wit peper
Verhit jou oond tot 175c
Voer jou pannetjie met bakpapier of smeer baie goed.
In ‘n groot bak Meng al die bestanddele en roer tot goed gekombineer.
Skep in jou pannetjie en strooi bietjie ekstra kaas bo-oor en bak vir 40 minute of tot ferm en mooi bruin.