Wednesday, 9 March 2016

Kosblik 4




Kosblik 4
Smul aan: twee korslose mini-souttertjies, soetrissiedoopsous vir die tertjies, perskeskywe en ’n slaaitjie gemaak met baba-spinasie, kersietamaties en wortel-linte. Die souttertjies is maklik om te maak en baie veelsydig – jy kan maklik oorskietvleis en -groente daarvoor gebruik.

Korslose mini-souttertjies
Maak 6 tertjies
Jy het nodig:
120 g broccoli-blommetjies, gekap (ek het twee klein pakkies van Woolworths setenderstembroccoli gebruik)
¼ k rooi soetrissie, baie fyn gekap
90 g koue, gaar hoender (ek het Woolworths se 2go BBQ-hoenderfilette gebruik), gekap
1½ k beleë cheddarkaas, gerasper
2 eiers
1 k melk
1 e meel
’n knypie neutmuskaat
sout en peper, na smaak
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot muffinpan met 6 holtes baie deeglik met kleefwerende kossproei.
2. Plaas die gekapte broccoli saam met die soetrissies en gekapte hoender in ’n mengbak en roer om te meng.
3. Skep die mengsel in die muffinholtes tot sowat ½ vol. Sprinkel geras¬perde kaas in elke holte.
4. Klits die eiers, melk, meel, neutmuskaat en sout en peper deeglik saam. Skep dit in die muffinholtes – jy moet kan sien hoe die eiermengsel amper tot bo kom in elke holte.
5. Bak 25-30 minute tot gaar. Laat 3-5 minute in die pan afkoel en skep dan baie versigtig met ’n plastiek-deegskraper uit. Die tertjies is heerlik warm, maar ook lekker by kamertemperatuur.

No comments:

Post a Comment