Wednesday 9 March 2016

Kosblik 1




Kosblik 1
Smul aan: tzatziki, met wortels en mange tout-ertjies wat jy daarin doop, mini-sosaties van kaas en kouevleis (ek het kalkoen gebruik), waatlemoenblokkies en vier Pro-Vitas.
Dié is ’n lekker somerkosblik. Die tzatziki (’n komkommer-en-jogurt-doopsous) is verfrissend en die stroopsoet waatlemoen ’n lekker bederfhappie.
Jy kan jou eie tzatziki maak of dit koop om tyd te bespaar.
Om jou eie tzatziki te maak, benodig jy:
1 k volroom ongegeurde jogurt
1 komkommer, pitte verwyder en fyngerasper
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 t fyngerasperde suurlemoenskil
1 e vars suurlemoensap
2 e vars dille, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
So maak ’n mens:
Meng al die bestanddele in ’n middelslag-mengbak saam.
Geur na smaak met sout en pe-per.
Bêre in die yskas.
Wenk: Vir ekstra geur kan jy olyfolie en grofgekapte vars ment byvoeg.