Wednesday 9 March 2016

GEROOSTERDE MIELIE ATJAR




GEROOSTERDE MIELIE ATJAR
BESTANDELE:
5 mielies, blare verwyder 
2 t geel mosterdsaadjies
1 e olie
65ml moutasyn
2 k tamatiesap
½ t sout
knippie swartpeper
½ t saffraan
1 t gerookte paprika
1 t groenpepersous (tobasco – groen)
METODE:
Rol elk van die mielies in ‘n enkellaag kombuispapier toe en plaas in die mikrogolf vir ongeveer 3-4minute.
Los om af te koel. Sny die mieliepitte van die stronk af en hou eenkant. 
Verhit die olie in ‘n pan en voeg die mosterdsaadjies by, braai tot die saadjies begin opskiet 
Voeg die mielliepitte, asyn en tamatiesap by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat toe om te prut tot die mengsel verdik, voeg die geurmiddels by.
Skep in gesteriliseerde houers en los ‘n paar dae vir die geure om te ontwikkel voor jy dit gebruik.
Bron: Pasella Resepte