Wednesday 9 March 2016

KERRIE KOOL




KERRIE KOOL
2 kg gesnipperde kool
4 koppies suiker
5 eetlepels maizena – rondvol
6 koppies asyn
1 kg uie – gesnipper
3 eetlepels gelykgeskraap kerrie (matige geur)
3 teelepls borrie
2 eetlepels mosterd
1 eetlepel sout
METODE:
Kook kool en uie tot amper sag en dreineer.
Gooi kool en uie dan in ’n groot kastrol en voeg asyn , sout, en suiker by.
Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt,
Meng kerrie, borrie en mostert met maizena aangemaak met bietjie asyn.
Gooi nou ’n koppie van diekokende asyn by die kerriemegsel en roer.
Voeg dit nou by kokende kool mengsel en roer goed deur.
Kook vir 15 minute op baie stadige hitte.
Bottel kokend in gesterilliseerde bottels.
Kan ook in lugdigte houer vir ’n paar weke in yskas gebêre word.
NS. Kerriebone kan op dieselfde manier voorberei word.