Tuesday 22 March 2016

EIERBROODJIE




EIERBROODJIE
Hier is die eierbroodjie wat ons almal ken, maar die een word in die oond gemaak en nie op die plaatstoof nie:
Oond 180 C
Lyn ‘n bakplaat met foelie
2 snye brood. Botter die 1 snytjie aan beide kante
1 velletjie maxi slice kaas in 4 repies gesny (of gewone kaas is ook reg)
1 eier
1 stukkie ham of kouevleis (opsioneel)
Sit snytjie brood met botter op die foelie. Met ‘n koekiedrukker of die oopkant van ‘n glas, druk ‘n vormpie uit die ander sny brood. Die gaatjie moet net groot genoeg wees om ‘n eier te kan vat.
Rangskik die kaas om die rante van die brood.
Sit snytjie brood met gaatjie bo-op
Gooi eier in en bietjie droe pietersielie, sout en peper en bak in die oond vir ongeveer 15 na 20 minute
Wenk: Sit stukkie ham of kouevleis op die onderste stukkie brood.
Jy kan ook ipv die eier heel, roereier maak, dit in die holte insit, sit stukkies spek ook in die holte, rasper  kaas bo- oor en  bak in die oond tot die brood begin verbruin en die kaas gesmelt is.