Friday 18 March 2016

Aartappelgebak




Aartappelgebak

Lewer 4-6 porsies
...
8 groot aartappels
30 ml (2 e) kookolie
125 g swoerdlose spekvleis, in stukkies gesny

60 g-pakkie sampioensoppoeier of wit-uiesoppoeier
750 ml (3 k) melk
varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml (2 t) gekapte vars origanum of 3 ml (½ t) droë origanum
125 ml (½?k) gerasperde cheddarkaas

Metode
1 .Skil die aartappels en kook tot sag, maar steeds ferm. Sny in skywe en pak die helfte in die bodem van ’n groot, oondvaste bak.
2.Verhit die olie en braai die spek tot gaar en laat eenkant.
3 .Meng soppoeier met melk in ’n swaarboomkastrol. Bring tot kookpunt en roer aanhoudend vir ’n paar minute totdat dit begin verdik. Voeg die peper en origanum by.
4. Giet die helfte van die sous oor die aartappels. Pak die oorblywende aartappels oor die sous. Skep die spek bo-op en giet die orige sous oor. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir 20-30 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C of tot goudbruin.