Monday 14 March 2016

Focaccia




Focaccia
Bastanddele: maak een groot brood vir 8 mense

25g gis

120ml warm water

3 ½ K witbrood meel

2t sout

3E olyfolie

Sif al die droë  bestanddele saam, los die gis op in warm water en roer die olie by. Voeg nou by die droë bestanddele en meng goed.  As ’n alternatief kan jy rooi uie en roosmaryn later bo die brood strooi, ek het wel ½ K songedroogde tamaties en ½ k gekerfde swart olywe by my deeg in geknie.

 Bedek die mengbak met ’n lappie en laat in die son (of ’n warmplek) staan totdat die beslag verdubbel het in grootte. Knie dan weer af. Kies dan vir jou ’n ronde bakpan  (pizza pan) of ’n reghoekige glasbak  en rol dei deeg daarin uit. Versprei  goed sodat dit die vorm van die bak kan aanneem.

Laat weer in die son of ’n warm plek staan totdat hy 2-3keer verdubbel het.

Omrede jy die brood teen 200°C vir 20-25min. gaan bak, gaan die brood nie in die oond verder rys nie. Dit is dus van kardinale belang dat hy so veel as moontlik in die son rys.

Bedien met olyf olie en balsamiese asyn.