Thursday 3 March 2016

Dadelballetjies




Dadelballetjies
Sowat 50 balletjies...

• 230 g (250 ml) botter, in blokke gesny
• 200 g (250 ml) suiker
• 500 g dadels, fyngesny
• 2 x 200 g-pakkies Marie-beskuitjies, fyngemaak
• 10 ml vanieljegeursel
• sowat 100 g fyn klapper

Plaas botter en suiker in ’n kastrol. Smelt oor lae hitte tot suiker opgelos is. Voeg dadels by en kook oor lae hitte tot dadels gesmelt is. Roer elke nou en dan. Voeg fyngemaakte beskuitjies en vanieljegeursel by. Roer goed. Gebruik ’n 15 ml-maatlepel en skep van die vulsel in jou hand. Rol in balletjie en rol onmiddellik in klapper. Herhaal tot dadelmengsel op is. Bêre balletjies in lugdigte houers.