Thursday 4 February 2016

Valentyns Kolwyntjies



Kolwynjie Resep
Bestanddele
2 koppie bruismeel (gesif)
3/4 koppie strooisuiker
3/4 koppie melk
125g botter (smelt en laat afkoel)
2 eiers (geklop)
1 teelepel vanieljegeursel
Versiersuiker
1 1/2 koppies versiersuiker
Koskleursel
1 eetlepel water
Metode
Meng meel en strooisuiker in bak. Maak ’n holte in die middel.
Voeg melk, botter, eiers en vanieljegeursel by die droë mengsel. Meng liggies.
Skep mengsel in voorbereide muffinpan. Bak in voorverhitte oond teen 200˚ vir 12 tot 15 minute. Laat afkoel.
Versiering: Sif versiersuiker in bak. Voeg koskleursel en water by. Meng tot gladde mengsel. Skep versiersuiker oor kolwyntjies. Versier na hartelus!