Wednesday 24 February 2016

Tradisionele stokbrood




Tradisionele stokbrood
Bestanddele
2 koppies koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
5 eetlepels suiker
1 teelepel sout
1/4 koppie olyfolie
3/4 koppie warm water
Maak só
Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout saam in ‘n groot bak. Voeg die olyfolie en water by en meng goed. Knie die deeg totdat dit ‘n gladde beslag vorm. Rol ‘n stuk deeg in ‘n lang wors. Gebruik ‘n lang, skoon stok en rol die deeg in spiraalvorm om die stok. Herhaal die laaste twee stappe totdat al die deeg op is en jy verskeie stokke met deeg om het. Hou die stok oor die oop vuur vir sowat vyf minute totdat dit alkant goudbruin is. Eet die brood van die stok af, of verwyder die stok en drup stroop in die holte. Geniet!