Wednesday 24 February 2016

Paasfeesnessie




Paasfeesnessie
Bestanddele
150 g ongesoute botter
50 g goue stroop
1 teelepel vanieljegeursel
400 g donkersjokolade, fyngekap­
60 g wit sjokolade
60 g van ’n krakerige botter-­amandelstafie (dié is om ’n krakerige­ tekstuur aan die nessie te gee, maar dit kan ook met donkersjokolade­ of melksjokolade­ vervang word)
150 g pretzelstokkies, in stukkies opgebreek
100 g ontbytgraan soos WeetBix
100 g sjokolade-bedekte rosyntjies­
100 g gesoute grondboontjies
Sjokolade-eiers vir die nessie
Maak só
Voer ’n koekpan van sowat 20 cm met kleefplastiek uit. Verhit die botter en stroop in ’n swaarbodem-­souspan oor matige hitte. Sodra dit gesmelt is, voeg die vanieljegeursel­ en al die sjokolade­ by. Verhit totdat al die sjokolade gesmelt het. Roer nou en dan.
Verwyder die pan van die hitte en meng die pretzelstokkies­, ontbytgraan­, rosyntjies en grondboontjies­ by. Sit dit in die koekpan en vorm dit dan met die hande soos ’n nessie - druk dit onder toe aan die buitekante en skep ’n holte in die middel. Laat dit vir sowat 1 uur in die yskas stol.
Verwyder die nessie van die koekpan­ voordat jy dit bedien en strooi ’n paar ekstra pretzels oor, as jy verkies. Plaas die Paaseiers in die nessie. Jy kan die nessie vir tot vyf dae in die yskas in ’n lugdigte­ houer bêre.