Wednesday 24 February 2016

Druiwetert




Druiwetert
Bestanddele:
Vir die vulsel
500 g donkerpers druiwe
Vir die pasteideeg
240 g koekmeel
1 eiergeel
90 g botter (kamertemperatuur)
75 g strooisuiker
60 g gemaalde amandels
45 ml koue water
 1 knippie sout

 Meng die botter, eiergeel en sout in 'n groot mengbak. Voeg die gemaalde amandels en genoeg water by om 'n gladde deeg te vorm. Vorm die deeg in 'n bal en hou in die yskas vir ten minste twee ure.

 Vir die amandelroom:
60 g gemaalde amandels
65 g suiker
2 eiergele
¼ teelepel vanielje-ekstrak
60 g botter
25 g mielieblom
50 ml melk

 Maak só:
Verhit die oond tot 180°C.
Smelt die botter teen 'n lae temperatuur in 'n pot, voeg dan die amandelmeel, mielieblom en melk by. Klits die eiergele saam met die suiker in 'n mengbak tot lig en donsig. Verwyder die botter- en meelmengsel van die stoof en voeg die eiermengsel en vanielje-ekstrak daarby. Meng met 'n houtlepel totdat die room glad is, plaas terug op die stoof en roer aanhoudend totdat die room verdik het. Verwyder die mengsel van die stoof, giet in 'n mengbak en laat dit afkoel.

 Voer 'n tertpan met die pasteideeg uit, prik die bodem 'n paar keer met 'n vurk en vul die tert dan met die amandelroom. Maak die oppervlak van die room glad met 'n spatel.

 Bak vir 15 minute, plaas die druiwe op die amandelroom en bak vir 'n verdere 15 tot 20 minute. Laat afkoel en plaas in die yskas vir 30 minute. Net voor opdiening, maak 2 eetlepels druiwekonfyt (of enige ander bessiekonfyt) warm en verf oor die tert.