Tuesday 9 February 2016

SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT




SUURLEMOEN KONDENSMELK VLA TERT
½ kop vla poeier
100 ml suiker
4 kop melk
2 blikkies kondensmelk
200 ml suurlemoensap
1½ pakkie Tennisbeskuitjies - fyn gedruk
½ kop room
100 g strooisuiker
1 tl vanielje geursel

METODE
1. Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vla poeier.

2. Kook die melk en voeg die gladde pasta mengsel by die kokende melk en hou aan roer met draad klitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe. 
Mikrogolf oond kan ook ingspan word, maar roer gereeld elke minuut tot verdik.

3. Terwyl die vla afkoel meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word.

4. Plaas ‘n laag krummels in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk. 
Plaas in vrieskas sodat 'n velletjie vorm, doen dit tussen elke laag. 
As die vla te warm is gaan die kondensmelk mengsel smelt op die warm vla en dan gaan die lagies in een smelt.

5. Smeer weer ‘n laag kondensmelk. 
Jy kan besluit of jy dit in baie lagies wil maak waar die koekies die lae definieer of jy kan net een tert met 2 lae maak.

6. So ‘n lagie koekies, vla en kondensmelk mengsel is die volgorde van werk, lekker speel!

7. Klits die room met die strooisuiker tot styf en geur met vanielje geursel.
Smeer bo op die tert en sprinkel neute, krummels of net wat jy lus het voor oor.

HOEVEELHEID: 8 - 10 mense.

BRON: Hantie Bezuidenhout.