Tuesday 9 February 2016

KOEKBESLAG GESKIK VIR VRUGTE STUKKE




KOEKBESLAG GESKIK VIR VRUGTE STUKKE
NOTAIndien jy vars vrugte in die beslag wil gebruik moet jy dit eers sag kook en dan bietjie suiker by gooi om ‘n stropie te maak en dan verder in die beslag gebruik. 
Hier het ek Rhubarb gebruik en eers vinnig geblansjeer. 
Gebruik liefs jong stingels vir terte, ouerstingels is geneig om draderig te wees.

RESEP
KOEK
50 g botter
1 kop koekmeel
1 kop suiker
5 ml bakpoeier
3 eiers
65 ml melk
knippie sout
454 g ingemaakte vrugte van keuse

METODE

1. Voorverhit oond na 180 ˚ C.
 Spuit ‘n tertbak met kleefwerende kos sproei.

2. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.

3. Klits die eiers een vir een by, klits goed na elke byvoeging.

4. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. 
Vou die meel mengsel om die beurt met die melk by die eierbeslag in.

5. Skep uit in tertbak en druk die vrugte in die deeg in.

6. Bak vir 30 minute of totdat gaar.

STROOP
250 ml room of Ideal melk
1 kop suiker
1 tl karamel geursel

METODE
1. Kook al die bestanddele saam en roer voortdurend vir 10minute.

2. Gooi die warm stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom.

3. Laat afkoel en bedien met roomys of room.

HOEVEELHEID: 1 reghoekige pyrex bak.

BRON: Ouma Kitty Smit, Skeerpoort Ouetehuis.