Tuesday 9 February 2016

Gedoopte Rice Krispie Valentyn’s Hartjies



Gedoopte Rice Krispie Valentyn’s Hartjies
(Maak 20-24 hartjies)
BESTANDDELE:
3 eetlepels margarien of botter
280 gram gewone marshmallows of 4 koppies mini marshmallows
6 koppies Rice Krispies
wit sjokolade 'chips'
Sprinkles
METODE:
Smelt die margarien/botter in 'n groot pan oor lae hitte. Voeg die marshmallows by en roer totdat dit heeltemal gesmelt is. Verwyder vanaf die hitte.
Meng die Rice Krispies by en roer totdat dit goed bedek is met die mengsel.
Smeer die mengsel eweredig oor 'n koekplaat wat met "Spray & Cook" gespuit is.
Sny dit dan uit in hartjies met 'n koekiedrukker wanneer dit afgekoel het (en geniet die "scrap" stukkies!).
Smelt die wit sjokolade 'chips' volgens die instruksies op die pakkie.
Indien so verkies, kan jy 'n paar druppels rooi koekkleursel inmeng.
Doop die kante van die hartjies in die gesmelte sjokolade en versier met die sprinkles.
Laat weer staan om af te koel.