Tuesday 23 February 2016

SPRIETUI-EN-ROOMKAAS-MUFFINS




MARTJIE MALAN SE SPRIETUI-EN-ROOMKAAS-MUFFINS
• Lewer 6 groot of 12 gewone grootte muffins
Bestanddele
1 eetlepel olyfolie
1 klein ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 x 230 g houers Parmalat se spring onion low fat cream cheese teen kamertemperatuur
3 eiers
1 koppie koekmeel
1 teelepel sout
varsgemaalde swartpeper
10 ml bakpoeier
2 vars sprietuie, fyngekap
Metode
• Voorverhit oond tot 180°C.
1 Verhit olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg ui en knoffel by en braai tot goudbruin. Hou eenkant.
2 Roer een houer roomkaas tot sag en glad in ’n mengbak wat groot genoeg is om al die bestanddele te hou. Voeg die eiers by en klits dit saam.
3 Roer die meel, sout en bakpoeier deur.
4 Vou die gebraaide uie en knoffel en vars sprietuie sagkens in.
5 Voer muffinpan met papier-omhulsels uit en vul dit twee derdes vol met die beslag.
6 Neem 2 opgehoopte teelepels roomkaas en laat dit in die beslag van elke muffin insak.
7 Bak 25–30 minute vir die groot muffins en 20-25 minute vir die gewone grootte muffins. Keer dit uit op ’n draadrak om af te koel.