Tuesday, 23 February 2016

GLUTENVRYE PIESANG-EN-SJOKOLADE-MUFFINS




GLUTENVRYE PIESANG-EN-SJOKOLADE-MUFFINS
• 18 muffins
BESTANDDELE
312 ml (1¼ k) rysmeel
15 ml (1 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
1 ml sout
100 g (1 plak) donkersjokolade met neute, grofgekap
125 g (¼ blok) botter
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
60 ml (4 e) piesangmoes (ongeveer 1 groot piesang)
90 ml (6 e) sojamelk
2, 5 ml (½ t) vanieljegeursel
OPDIENING
sjokoladesmeer
botter
gekapte pekanneute (opsioneel)
• Stel oond op 180 °C
METODE
1 Sif rysmeel, kakao, koeksoda en sout saam in mengbak.
2 Roer gekapte sjokolade by meelmengsel en roer.
3 Room botter en suiker met elektriese klitser vir ongeveer 4 minute tot donserig.
4 Voeg eiers by en klits goed.
5 Roer piesangmoes, sojamelk en vanieljegeursel by bottermengsel.
6 Voeg gesifte meelmengsel by en roer tot deeg vorm.
7 Voer standaardmuffinpan met muffinpapiertjies uit.
8 Skep muffinpapiertjies bietjie meer as 2/3 vol met deeg.
9 Bak vir 12 tot 15 minute of tot toetspen skoon uitkom.
10 Opdiening Sit muffins met of sonder muffinpapiertjies voor. Bedien sjokoladesmeer of botter en gekapte neute (opsioneel) by.

No comments:

Post a Comment