Tuesday 23 February 2016

Krakerige Viskoekies




Krakerige Viskoekies
Genoeg vir 4-6

Viskoekies:
4 middelslag-aartappels, geskil, in blokkies gesny en sag gekook...
350 g gaar vis, gevlok
gerasperdeskil van 1 suurlemoen
hand vol gekapte dille en pietersielie
2 preie of ½ ui, fyngekap en in 15 ml (1 e) botter gebraai
250 ml (1 k) karringmelk

Krummelkors:
30 ml (2 e) olyfolie
250 ml (1 k) growwe broodkrummels van ciabatta gemaak
125 ml (½ k) gerasperde parmesaan (of pecorino, dis goedkoper)
gerasperdeskil van 1 suurlemoen
sout en gemaalde swartpeper
olyf- of canola-olie vir braai

Viskoekies:
1. Druk die aartappels met ’n vurkfyn. Laat afkoel.
2. Meng die vis, aartappels, suurlemoenskil, kruie en gebraaide prei.
3. Geur met sout en vorm viskoekies van 8 cm.
4. Sit vir 20 min. in die yskas.

Krummelkors:
1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Skep uit en laat eenkant afkoel.
2. Roer die kaas en skil by.
3. Gooi die karringmelk in ’n vlak bakkie, doop elke viskoekie vinnig in die karringmelk en druk dan in die krummels.
4. Verhit olie in ’n pan en braai die viskoekie daarin tot goudkleurig aan elke kant.

**Sit voor met aartappelskyfies, ertjies en Tartaarse sous.


 - RooiRose Resepte