Wednesday, 10 February 2016

Rita se Gebakte Brusselse Spruite met Kerrieroomsous




Rita se Gebakte Brusselse Spruite met Kerrieroomsous
6 porsies

bietjie olie...
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
1 ml droë gemengde kruie
4 skywe ham, in blokkies gesny
40 vars Brusselse spruite
knypie sout en peper
250 ml (1 k) room
200 ml (1 pakkie) Tikka Curry (Coat & Cook) van Ian Paarman

Stel oond op 180 °C.

1. Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en kruie saam tot ui sag is.
2. Roer gekapte ham by.
3. Plaas Brusselse spruite in 13 cm X 21 cm grootte oondbak wat met kossproei gespuit is.
4. Voeg 10 ml (2 t) water by en bedek met kleefplastiek.
5. Mikrogolf Brusselse spruite vir vier minute teen 100% krag.
6. Trek kleefplastiek af.
7. Sprinkel sout en peper bo-oor Brusselse spruite.
8. Skep ui- en- hammengsel bo-oor Brusselse spruite.
9. Meng room en pakkie Tikka curry en giet bo-oor Brusselse spruite in oondbak.
10. Bedek met foelie en bak vir 30 minute.

Sit warm as bygereg voor

No comments:

Post a Comment