Wednesday 10 February 2016

Eat sum more fudge




Eat sum more fudge

1 x 200 g pakkie Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies...
250 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
500 g gesifte versiersuiker
5 ml koffiepoeier

45 ml kakaopoeier
1 geklitste eier
ekstra versiersuiker

Breek of sny die Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker, koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk. Verkoel en sny dan in blokke. Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering.

Bron: Koeke-Kyk-Resep