Wednesday 10 February 2016

Drie Soorte Plaatkoekies (Kosblikidees)




Drie Soorte Plaatkoekies (Kosblikidees)
LEWER 32 PLAATKOEKIES
Bereiding: 5 minute
Staantyd: 10 minute...
Gaarmaaktyd: 10 minute


BASIESE RESEP:
500 ml (2 k) bruismeel
3 eiers, geklits
275 ml (1¼ k) karringmelk
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai

VARIASIES:
Tuna en pitmielies...
1 blik (170 g) tuna, gedreineer
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 stingeluie, fyn gekap

Spinasie en spek...
500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie
125 g spek, gebraai en fyn gekap

Botterskorsie en feta...
500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie
2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel
’n knippie komyn

Basiese resep:
1. Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.
2. Variasies: Besluit op ’n variasie.
3. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper.
4. Laat staan sowat 10 minute.
5. Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante