Thursday 4 February 2016

PIEKELDRUIWE




PIEKELDRUIWE
Dit smaak heerlik saam met gerookte vleis
350 ml witsuiker
225 ml wit wyn of druiweasyn
15 ml balsamiese asyn
7 ml peperkorrels
1 kaneelstok
350 g wit en swart druiwe, skoon afgewas

Plaas die suiker en asyn in ‘n pan en verhit tot die suiker opgelos is. Voeg
die peperkorrels en die kaneelstok by en laat kook 2 minute lank. Verwyder
van die hitte en voeg die druiwe by. Skep in skoon gesteriliseerde flesse en
verseel.
Laat minstens 3 weke staan voor dit gebruik word.
Lewer sowat 700 ml.