Thursday, 4 February 2016

FYN WAATLEMOENKONFYT MET WIT DEEL VAN SKIL



FYN WAATLEMOENKONFYT MET WIT DEEL VAN SKIL
Ons koop net 1/4 waatlemoen op n slag want ons is net 2 mense.
Ons eet di pienk gedeelte, dan bere ek di skille tot dit klaar is.
Dan sny ek al di pienk af en skil die groen buite skil met aartappel skiller af.
Dan rasper ek di skille.
Onthou dis 1/4 waatlemoen se skille, plaas dit in 5 lt emmer dis gewoonlik so 2 lt, dan sny ek n suurlemoen in 4 en sny dan in dun skywe, voeg by gerasperde skille, bedek met water, net goenoeg om dit toe te maak.
Plaas oornag in yskas......
Volgende dag kook op stoof in dieselfde water waarin dit geweek het. tot suurlemoen skille sag en gaar is.
Ek meet somer met di oog, maar beter as jy dit in n maatbeker sit vr elke 1 lt gebruik ek 750 ml suiker, roer tot suiker opgelos is en terwyl dit kook skep suurlemoen pitte uit.
Kook tot dik en deurskynend en bottel warm.
Ekt dit al 4 of 5 keer gemaak en ek kry gewoonlik 6 of 7 bottels uit.
Resep: Jenny Schneigansz

No comments:

Post a Comment