Wednesday 24 February 2016

Kapokaartappel-koekies




Kapokaartappel-koekies
Bestanddele
800 g aartappels, afgeskil en afgespoel
2 eiers
2 eetlepels uie, fyngekap
Sout en vars gesnyde soetrissie
1 koppie spek, fyngekap

2 eetlepels botter
1 eetlepel melk
2 eetlepels grasuie, fyngekap
4 eetlepels broodkrummels
Maak só
Kook die aartappels in genoeg soutwater­ tot gaar. Braai die uie stadig totdat dit deurskynend is en hou eenkant.
Meng die aartappels, eiers, spek, uie, botter en uiegras in ’n groot bak. Voeg bietjie sout en peper na smaak by. Voeg ook ’n bietjie melk by indien nodig.
Voorverhit die oond tot 190 grade Celsius en voer ’n bakplaat met bakpapier­ uit. Gebruik ’n koekieringvorm: Sprinkel ’n lagie broodkrummels op die bakplaat­ binne die vorm en skep dan van die aartappelmengsel binne-in om die koekies te vorm.
Druk saggies met die agterkant van ’n houtlepel op die koekies binne die ringvorm­ en strooi nog ’n lagie koekiekrummels­ bo-oor. Verwyder die vorm en herhaal die proses totdat jy al die aartappelmengsel opgebruik het.
Bak die kapokaartappelkoekies teen 190°C vir tien minute tot goudbrui­n. Bedien warm. Opsioneel: Strooi parmesaankaas­ oor die koekies wanneer dit uit die oond kom.