Monday 22 February 2016

Niemand se ouma se melktert




Niemand se ouma se melktert...
KORS
125 g botter, sag gemaak
½ k (100 g) suiker
1 pakkie (200 g) Tennis- of klapperbeskuitjies, fyn gekrummel

VULSEL
4 koppies (1 liter) volroommelk
125 g botter
1 vanieljepeul, oopgesny, skoongeskraap en saad behou

½ k (70 g) koekmeel, gesif
1 k (200 g) suiker
4 eiers, geskei
1 e (15 ml) fyn kaneel

Smeer ’n ronde 23 cm-koekpan of 2 emaljeborde. Voorverhit die oond tot 200 °C.

KORS Verroom die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die beskuitjiekrummels by en roer tot gemeng.
Druk die mengsel lig en eweredig oor die boom en teen die kante van die pan of borde vas om ’n egalige kors te vorm.
VULSEL Giet 3 k (750 ml) van die melk in ’n groot swaarboomkastrol. Voeg die botter en vanieljesaad en -peul by en verhit. Roer af en toe om te keer dat die melk aanbrand. Haal van die stoof af en verwyder die peul.
Meng die meel, suiker, eiergele en die res van die melk in ’n aparte bak. Roer tot dit soos pap lyk.
Giet die warm melkmengsel geleidelik en in ‘n egalige straal by die eiermengsel en roer tot gemeng.
Plaas hierdie mengsel terug in die kastrol en roer fluks oor matige hitte om klonte te voorkom.
Laat dit oor die hitte verdik. Verwyder van die stoof en giet in ’n mengbak.
Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou die eierwitte by die vla in.
Giet die vulsel in die tertkors en sprinkel of stuif die kaneel bo-oor.
Bak sowat 20 minute of tot die tert gestol het en die kors se rande goudbruin is.

Besparkingswenk Vervang die vanieljepeul en -saadjies met 1 t (5 ml) vanieljegeursel.
Huisgenoot