Tuesday 16 February 2016

MINI MELKTERTJIES



MINI MELKTERTJIES - Leanda

stukkie pypkaneel
500 ml warm melk...
75 ml suiker
knippie sout
75 ml koekmeelblom
125 ml botter
1 eier geklits
doppies van broskorsdeeg
kaneelsuiker
Voeg die pypkaneel by die melk en verhit tot kookpunt. Haal dan die kaneel uit. Meng
die suiker, sout en meelblom, voeg `n bietjie warm melk stadig by en meng goed. Gooi
terug in die kastrol en kook terwyl dit geroer word. Haal van die stoof af en roer
die botter in. Laat afkoel en roer die geklitste eier in. Skep die vulsel in terddoppies.
Strooi kaneelsuiker oor en bak 10 min lank in `n baie warm oond, 240°C. Verminder
die hitte tot 180°C en bak nog 10 min lank. Dien warm of koud op.