Tuesday 16 February 2016

Gebakte Kaas en Rys Gereg




Gebakte Kaas en Rys Gereg
Maak die lekker gebakte rysgereg by jou volgende bord kookos i.p.v. die ou gewone rys in 'n bak smile emoticon

4 tot 6 porsies
...
Bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 250 ml (5 k) gaar witrys
1 ml sout
knypie swartpeper
2 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) volroommelk
500 ml (2 k) room
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

Stel oond op 180 °C.
1. Verhit bietjie olie en soteer uie, knoffel en pietersielie tot uie sag is.
2. Voeg rys, sout en peper by.
3. Braai bietjie en verwyder van hitte.
4. Klits eiers en melk saam tot gemeng.
5. Roer room by.
6. Voeg roommengsel by rysmengsel.
7. Roer kaas by.
8. Giet rysmengsel in oondbak van ongeveer 26 cm x 18 cm wat met kossproei gespuit is.
**Bak vir 50 tot 60 minute of tot in middel gestol.

 Vrouekeur