Tuesday 16 February 2016

KITS KOEKSISTERS




KITS KOEKSISTERS - Joey Venter
Ek het ‘n blommetjie koekiedrukker gebruik, dit normaalweg in olie gebak en in stroop gedompel.
soos in Wenresepte 3
(Metode bietjie verander soos dit my pas).
...
BESTANDELE
Stroop:
625ml witsuiker
250 ml water
12,5ml suurlemoensap

5ml vanieljegeursel
Deeg:
375ml koekmeel
22ml bakpoeier
1ml sout
25ml botter/margarien
150ml melk
750 ml sonneblom olie
Metode:
Verhit die suiker en water in ‘n diep kastrolletjie oor lae hitte sonder ‘n deksel tot kookpunt en roer dit kort-kort totdat die suiker gesmelt het. Kook die stroop 7 – 8 minute stadig sonder ‘n deksel – dit moenie te vinnig kook nie, want dan gaan dit te dik wees. Haal van die stoof af, roer sap en geursel by. Hou eenkant.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Frummel die smeer daarin. Sny die melk met ‘n slaplemmes in die frummels totdat ‘n deeg gevorm het – werk liggies. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide plank sowat 5mm dit uit. (Ek rol dit dikker uit omdat ek dit nie vleg nie). Sny smal repies en vleg koeksisters daarmee. (Ek gebruik ‘n blommetjie motief koekiedrukker).
Verhit olie in kastrol tot taamlik warm. Bak tot goudbruin. Skep met gleuflepel uit olie en dompel dadelik in die stroop wat nou al tot louwarm afgekoel het. Wanneer die stroop deurgetrek het, skep uit en laat afdrup op ‘n afkoelrak wat bo-oor ‘n skinkbord geplaas is. Eet dit yskoud!