Monday 29 February 2016

Marlene se vinnige visvingers




Marlene se vinnige visvingers

Bestanddele

1 pakkie visvingers, gaar gemaak
4 snye brood, gerooster
Cheddarkaas, gerasper
2 eierwitte, styf geklits en gemeng met 'n kombinasie van mayonnaise, tamatiesous en/of blatjang (nie te pap nie)
tamatie, in skywe gesny
Metode
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Pak die gaar visvingers op die roosterbrood. (4 vingers per sny)
Plaas 'n skyfie tamatie en kaas op elke sny brood, en 'n groot skep van die eierwitmengsel bo-op.
Rooster vir 2 minute op bakplaat tot goudbruin.