Monday 29 February 2016

Gevulde spek- en sampioenbroodjies




Gevulde spek- en sampioenbroodjies

Bestanddele

1 eetlepel (15 ml) olie
1 ui, fyngekap
4 spekrepies, in blokkies gesny
½ koppie (125 ml) knopie-sampioene, fyngekap
½ koppie (125 ml) beleë cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak
2 koppies (500 ml) bruismeel, gesif
1 eetlepel (15 ml) vars tiemie
2 eetlepels (30 g) botter
1 koppie (250 ml) melk
Metode
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, spek en sampioene tot gaar.
Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.
Roer die kaas by die mengsel en geur met sout en peper.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die bruismeel en tiemie in ‘n mengbak saam en vryf die botter by.
Voeg genoeg melk by om ‘n deeg te vorm en knie die deeg liggies op ‘n skoon, meel bestrooide oppervlak.
Verdeel die deeg in 10 eweredige bolletjies.
Rol elke bolletjie in ± 10 cm sirkels uit.
Verdeel die vulsel tussen 5 van die sirkels.
Plaas nog ‘n deegsirkel op elke gevulde sirkel en maak seker die kante is deeglik geseël.
Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 15 - 20 minute tot gaar.
Bedien warm vir ontbyt of as deel van ‘n piekniek.