Monday 15 February 2016

Maklike pasta-en-maalvleis-aandete




Maklike pasta-en-maalvleis-aandete
Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
30 ml (2 e) olie
6 repe spekvleis, gekap
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
2 wortels, gerasper
60 ml (¼ k) blatjang
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
1 blik (410 g) gekapte tamaties
3 lourierblare
4 takkies tiemie
12 songedroogde tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
500 g pasta
’n hand vol basilie, geskeur
1 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die spekvleis tot gaar. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag.
2 Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai terwyl jy enige klonte opbreek. Voeg die wortels en blatjang by.
3 Giet die aftreksel by en verminder die hitte tot matig. Roer die tamaties, lourierblare, tiemie en songedroogde tamaties in en laat prut 10 minute of tot die aftreksel verminder het. Geur met die sout en peper.
4 Kook die pasta volgens die aanwysing op die verpakking tot net gaar. Dreineer en vou versigtig by die maalvleismengsel in.
5 Sit voor met die basilie bo-oor gestrooi.
(Huisgenoot)