Monday 15 February 2016

Gebakte tamaties met spinasie




Gebakte tamaties met spinasie
8 groot tamaties
sout en peper
30 ml (2 e) balsemieke asyn
45 ml (3 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
100 g mozzarellakaas, in skyfies gesny
10 g vars basilie
SPINASIE
30 ml (2 e) botter
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 bos spinasie, gekap
15 ml (1 e) meel
125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) room
1 wiel fetakaas, gekrummel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Halveer die tamaties en pak in ’n bak. Geur met sout en peper; sprinkel met asyn en olie. Rooster 20 min.
2.Sprinkel knoffel op die tamaties. Sit kaas op die helfte van die tamaties. Rooster tot gesmelt, sit basilie op die kaas en plaas die ander helfte van die tamaties bo-op.
3.Spinasie Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui en knoffel. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Roer die meel deur, gevolg deur die melk en room. Laat stadig prut tot verdik. Roer die feta deur en geur met sout en peper. Sit die tamaties voor met basiliepesto, die spinasie en bruschetta.