Tuesday 23 February 2016

Hoender pastei




Hoender pastei
Benodig:

Beslag deel 1:
9 GROOT hoender borsies, growwe stukke gesny
4 Medium aartappels, geskil en in blokkies gensy
3 naeltjies
2 eetlepels Stork baking margarine
2 hoender aftreksel blokkies, opgelos in die kookwater
750ml kookwater
1 ui, gekap

Beslag deel 2:
1 pakkie streaky bacon, gekap
1 Groot pakkie mushrooms, gekap

Beslag deel 3:
1 pakkie hoender sop
1 pakkie mushroom sop
30ml vars room

Beslag deel 4:
2 rolle puff pastry
1 eier
melk

Metode:
Beslag deel 1:
Kook al die bogenoemde bestanddele by beslag deel 1 saam op medium hitte in ‘n pot tot water droog kook of tot hoender en aartappels gaar is, dreineer van enige vloeistof, met twee vurke maak die hoender vlenters.

Beslag deel twee:
Braai die spek en mushrooms apart van mekaar tot gaar, plaas dan by die hoender mengsel.

Beslag deel drie:
Kook die sop poeier saam met 4X 250ml water tot dik, glad en gaar. Voeg room by. Meng by hoender mengsel.

Beslag deel vier:
Rol die deeg ‘n klein bietjie uit, bedek ‘n voorbereide oondbak, druk vurk gaaitjies in die deeg, plaas vulsel in, bedek met ander uitgerolde vel deeg, druk weer gaaitjies in, klits die eier en melk saam en verf oor die deeg, bak in voorverhitte oond tot goudbruin en gaar.

Bedien groen saam slaai.