Tuesday 9 February 2016

BOTTERSKORSIE EN FETA SOUTTERTJIES




BOTTERSKORSIE EN FETA SOUTTERTJIES

RESEPkg botterskorsie
100 ml grasuie - fyngekap
25 ml olyfolie of grapeseed oil
30 g botter
2 medium uie - fyn opgekap
2 knoffel toontjies
200 g feta - gekrummel
6 groot eiers
250 ml room - kan met Ideal melk vervang word
15 ml kruie van keuse
peper

METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C.
Berei 2 x 12 holte muffin panne voor.

2. Skil en sny die botterskorsie in blokkies van 2 x 2 cm en blansjeer tot amper sag.

3. Verhit olie en botter en soteer ui tot glansend.

4. Voeg dan die knoffel by en braai vir ‘n minuut.
Moenie die knoffel aan die begin by die ui sit nie, dit gaan hard en bitter word.

5. Verkoel effens en voeg by die afgekoelde botterskorsie en feta.

6. Meng die eiers, room, peper en kruie saam.
Wees versigtig met die sout, die feta is nogal baie vir die resep en jy kan maklik te veel sout by sit.
Ek sit geen sout by nie maar dit is jou keuse.

7. Meng die 2 mengsels en skep in muffin pannetjies.

8. Bak vir 25 - 30 minute.
Laat vir 5 minute in die pannetjies afkoel voordat dit ontvorm word.

VARIASIE
1. As jy spek, worsies en vleis wil insit kan jy 750 g groente vat en 250 g vleis insit.

HOEVEELHEID: 24 muffins.

BRON: Annelien Pienaar.