Tuesday 23 February 2016

Kaserige tuna-mayo-quesadillas




Kaserige tuna-mayo-quesadillas
  • Lewer 4 porsies.
Jy benodig:
  • 8 groot tortillas (Jy kan ook sagte toebroodjies gebruik.)
  • 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 80 ml (⅓ k) dik mayonnaise
  • 125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
  • 4 agurkies, fyn gekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • olie vir vlakbraai
Maak so:
  1. Lê vier van die tortillas op ’n werkoppervlak.
  2. Meng die tuna, mayonnaise, mozzarella en agurkies goed.
  3. Geur met die sout en peper na smaak.
  4. Sit die ander vier tortillas bo-op, soos ’n toebroodjie.
  5. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan tot warm en braai aan albei kante tot goudbruin en bros.
  6. Herhaal met die res.