Wednesday 24 February 2016

heerlike spek- en mieliebroodjie­ in ’n blikkie




heerlike spek- en mieliebroodjie­ in ’n blikkie

Bestanddele
250 g spek, opgesny
410 g blik mieliepitte, gedreineer­
60 ml pietersielie, fyn opgekap
100 ml koekmeel
50 ml suurroom
5 eiers
2,5 ml sout
5 ml bakpoeier
swartpeper na smaak
Maak só
Braai die spek in sy eie vet in ’n braaipan totdat dit krakerig is. Dreineer op kombuispapier­. Meng saam met die res van die bestanddele­ in ’n bak.
Smeer ’n groot konfytblik met botter en voer die blik met gesmeerde­ bakpapie­r uit. Maak die blik driekwart­ vol met die beslag. Bedek met foelie en bak in ’n voorverhitte­ oond by 180 grade Celsius vir 30 tot 45 minute. Sit die broodjies voor saam met botter en gerasperde­ kaas.