Friday 26 February 2016

KAAS & MIELIE KROKETTE



KAAS & MIELIE KROKETTE
4 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml (1 e) olie
500 g gaar aartappels, fyn gedruk...
15 ml (1 e) melk
15 ml (1 e) botter
sout en peper
30 ml (2 e) origanum
1 blik (400 g) pitmielies, gedreineer
500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
meel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) broodkrummels
olie
Braai die uie en knoffel in die olie tot sag.
Meng die aartappels met die melk, botter, sout, peper, origanum, mielies, kaas en
uiemengsel.
Rol eetlepels vol in bolle en rol dan in die meel, eier en krummels. Braai die krokette
goudbruin.
10 hours ago
(OUMA SE RESEPTE)