Tuesday 16 February 2016

INGELEGDE KERRIEWORTELS / INGELEGDE KERRIEKOMKOMMERS


 
INGELEGDE KERRIEKOMKOMMERS
1 k bruin asyn
2 eetlepels kerriepoeier
2 t mosterdpoeier
2 t gedroogde pietersiele...
250 ml water
knypie sout
200 ml suiker
4 e mielieblom (opsioneel - om die beslag dikker te maak indien te dun)
4 uie in blokkies gesny (nie te fyn nie)
1 groot engelse komkommer in skyfies gesny (nie te dun nie)

Voeg die water in 'n kastrol
Voeg die komkommers en uie by
Kook tot die vog weggekook is en voeg die mosterdpoeier, suiker kerriepoeier, asyn, gedroogde pietersielie en sout by en roer goed totdat die suiker gesmelt is
Meng die mielieblom met bietjie water en voeg by kerriewortels
Staan by die beslag, roer goed deur en hou dop en pasop vir aanbrand!

Bottel dadelik

INGELEGDE KERRIEWORTELS
2 kg vars wortels in ringetjies of repies gesny
1 kg uie in stukkies gesny (Willie het net 5 uie gebruik)
800 g suiker
50 ml heuning
50 ml matige kerriepoeier
8 kardemonpeule (opsioneel)
25 ml mosterdpoeier
5 ml sout
750 ml druiwe asyn
4 e mielieblom (opsioneel - om die beslag dikker te maak indien te dun)

Kook wortels en uie saam tot sag
Voeg die asyn, kerriepoeier, suiker, mosterdpoeier, sout en heuning by die gekookte wortels en uie
Kook nog vir 'n rukkie en roer af-en-toe sodat die suiker goed opgelos is
Meng die mielieblom met bietjie water en voeg by kerriewortels
Staan by die beslag, roer goed deur en hou dop en pasop vir aanbrand!

Bottel dadelik

Wenk: Gedroogde appelkose is lekker saam met die kerriewortels
 
 
 
Kos is oppie Tafel TV program