Tuesday 16 February 2016

Beesskenkels




Elke se geskenkeltjie (Osso Buco)

 Bestanddele
1 ui, gekap...
2 knoffeltoontjeis, gekneus
1 eetlepel meel
½ teelepel sout
knippie witpeper
knippie marjolein
6 tot 8 beesskenkels
100g botter
koppie witwyn
1 sny suurlemoen
1 sny lemoen
½ koppie beesaftreksel
knippie neutmuskaat

Metode
Braai uie en knoffel in die helfte van die botter in 'n swaarboomkastrol.
Meng meel, sout, peper, marjolein en neutmuskaat op 'n plat bord.
Doop skenkels in meel en braai saam met ui tot ligbruin.
Voeg wyn, lemoen en suurlemoen by, asook bietjie van die aftreksel.
Prut vir 'n uur met deksel op.
Voeg gedurig 'n bietjie van die aftreksel by om te voorkom dat dit brand. (Geduld sal beloon word)
Haal vleisstukke uit en sit in 'n oondbadk in lou oond.
Gooi sous deur sif in kastrol.
Voeg res van botter en meelmengsel in kastrol om 'n lekker sous te maak.
Voeg 1 eetlepel suurrom by vir smaak.
Gooi sous oor vleis.

 rsg