Wednesday 24 February 2016

Murgpampoentjie-tertjies




Murgpampoentjie-tertjies
Bestanddele:
2 groot murgpampoentjies
5 eiers
2 eetlepels olyfolie
4 eetlepels Maizena
2 eetlepels vars suurlemoensap
’n handvol kruisement
150 g gerasperde kaas (Emmental of Cheddar)
2 klein uitjies
2 knoffelhuisies, fyngesny
½ teelepel neutmuskaat
Sout en peper na smaak
Maak so:
Voorverhit die oond tot 180°C
Rasper die murgpampoentjies en kap die uitjies en knoffel fyn. Verhit die olyfolie in ’n groot braaipan en soteer die uie, knoffel en ­murgpampoentjies vir ’n paar minute totdat dit effens goud­kleurig is.
Klits die eiers en die Maizena saam in ’n groot bak en voeg dan die gerasperde kaas, neutmuskaat, sout en peper by. Voeg die res van die bestanddele by die eiermengel en roer liggies.
Giet die mengsel in ’n muffinpan en bak vir 20 minute totdat dit effens ligbruin aan die bokant is.