Sunday 21 February 2016

Eiergereg-ontbyt




Eiergereg-ontbyt
Jeanmarie en Martha van Franka maak dit so:
Bestanddele
1 pakkie Bacon Kips;
8 eiers;
Aromat, sout en peper;
1 pakkie fyn-gesnyde bacon;
1 koppie kaas;
Witsous:
30 ml botter;
50 ml meelblom;
350ml melk;
Knippie sout;
Knippie mosterdpoeier;
‘n handjievol kaas;
Metode
Maak Bacon Kips fyn en plaas in bak. Skei eiers en klits “albei” baie goed. Vou eierwit en eiergeel bymekaar in en voeg Aromat, sout en peper na smaak by. Maak die eier in ‘n pan gaar soos roereiers – dit moenie heeltemal droog en gaar wees nie.
Keer eier uit bo-oor Bacon Kips in bak. Maak die witsous en gooi bo-oor eier. Strooi gebraaide fyn bacon bo-oor die witsous en strooi die kaas bo-oor. Bak vir 20 min teen 180 °C.
Bedien met varsgebakte brood en/of muffins en geniet.