Wednesday 10 February 2016

Appelkoos Yskastert



Appelkoos Yskastert
Genoeg vir 1 groot tert
Bestanddele:
Kors:...
1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gekrummel
30 ml botter, gesmelt

Vulsel:
60 ml suurlemoensap
1 x 385 g-blikkie kondensmelk
1 x 250 g-houer gewone, gladde maaskaas
250 ml room, styf geklop
15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag:
1 x 410 g-blikkie ingemaakte appelkoos-helftes
1 x 80 g-pakkie perskejellie
Metode:
Kors:
Meng die koekiekrummels en botter en druk in ’n gesmeerde 27 cm- tertbord. Hou in die yskas.
Vulsel:
Roer die suurlemoensap in die kondensmelk, voeg die maaskaas by en vou die room by, meng goed. Smelt die gelatien vir 30 sek. op die ontvries stelling in die mikrogolf. Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in en skep in die kors. Laat stol vir sowat 1 uur in die yskas.
Bolaag:
Maak intussen die jellie aan met 1 koppie kookwater en voeg die sap van die appelkose by. Sodra die tert gestol het, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo. Skep van die jelliemengsel oor die appelkose - soveel as wat die tertbord kan neem.

(Rooi Rose)