Monday, 22 February 2016

DADEL BLOKKIES




DADEL BLOKKIES
250 g (½ blok) botter
500 g (2 x 250 g-pakkies) dadels, fyn gekap
1 eier
125 ml (½ k) strooisuiker...
knypie sout
200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies
500 ml (2 k) fyn klapper
METODE:
Smelt botter oor lae hitte en voeg dadels by. Prut stadig vir 3 min. oor lae hitte terwyl geroer word.
Klits eier, suiker en sout en voeg by bottermengsel. Roer tot goed gemeng en laat nog 2 min. op warm stoofplaat. Verwyder van hitte.
Breek beskuitjies met hande in fyn stukkies en voeg by dadelmengsel.
Smeer reghoekige bak (20 cm x 25 cm) en voer met bakpapier.
Skep dadelmengsel in bak. Druk met agterkant van lepel vas en plaas in yskas vir ongeveer 3 uur.
Sny met skerp mes in blokkies soos verkies.
Haal blokkies met behulp van bakpapier uit bak en rol in klapper
+ - 36 blokkies

No comments:

Post a Comment