Monday 22 February 2016

KLAPPER GEMMER KOEKIES




KLAPPER GEMMER KOEKIES
Oond 180°C.
KLITS SAAM:
¾ k botter (187 gr)
1 en ½ k suiker...
1 groot eier
VOEG BY:
2 E fyn appelkooskonfyt
1 E asyn, klits deur
ROER DIE VOLGENDE BY:
3 k bruismeel
¼ t sout
1 t koeksoda
1 t kremetart
1 E fyn gemmer
1 k klapper
Maak deeg aan en laat rus vir ‘n uur
Smeer plat oond-bakplaat en rol deeg in balletjies, pak in bakplaat en druk effe platter met die dik deel van jou handpalm, onder jou duim.
Bak vir 20-25 min tot goudbruin en gaar. Koel af op draadrakkie en pak in lugdigte houer.
Radio Namakwaland