Tuesday 16 February 2016

Taai Spekworsies




Taai Spekworsies

Bestanddele:
6 varkworsies
6 repies spek...
1 eetlepel (15 ml) heuning
2 eetlepels (30 ml) heelkorrelmosterd

sout en peper na smaak

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 200° C.
2. Draai ‘n spekrepie styf om elke worsie.
3. Meng die heuning en mosterd saam.
4. Plaas die worsies op ‘n bakplaat en bedruip met die heuning- en mosterdsous.
5. Geur met sout en peper.
6. Bak die worsies vir 12 tot 15 minute tot die spek bros en die worsies gaar is.

**Bedien warm saam met roereier en roosterbrood.

rsg resepte