Wednesday, 2 December 2015

Perskeslaai




Perskeslaai
Probeer gerus dié resep vir perskeslaai, wat in ’n episode van Edik van Nantes voorberei is.
Bestanddele
3 ryp perskes
vars roket
50 g bokmelkkaas of bloukaas
pistastieneute
okkerneute
Slaaisous:
4 e olyfolie
2 e wit balsamiese asyn
2 t heuning
sout en peper
Metode
Meng die slaaisousbestanddele deeglik.
Ontpit die perskes en sny in kwarte of agtstes.
Rooster in warm riffelpan.
Plaas in individuele bakkies met roket, kaas en neute.
Bedrup met slaaisous.

No comments:

Post a Comment